24/11/2025
Baie dankie aan elkeen wat deelgeneem het aan ons Laeveld Agrochem Kersfees Kinderkuns kompetisie. Ons het die mooiste kunswerke ontvang. 🎄🎅🎁
Lynette Beer - Seeds of Inspiration, het ons wenners bederf met 'n Leer in KLEUR - Lynette Beer Studievaardigheid kursus. Hierdie fantastiese pakket help ouers om hul kinders deur middel van die unieke vierkleur-temperamentmodel te ondersteun met studievaardighede, leierskap en selfkennis. Dankie Lynette!
'n Spesiale dankie aan Prinsies en Prinsessies Kleuterskool en Maragon Olympus wat hul leerders se pragtige kuns met ons gedeel het.