22/01/2026
Gewigsverlies is nie moeilik wanneer dinge volgens plan loop en als vooruit beplan is nie.
Dit raak moeilik wanneer jy moeg is.
Wanneer jy stres ervaar
Wanneer almal rondom jou eet wat jy nie nou kan nie
Wanneer niemand kyk nie
Dis dáár waar die werklike werk begin.
Om gesondheid te kies wanneer dit maklik is, bou momentum.
Om gesondheid te kies wanneer dit moeilik raak, bou karakter.
Daar gaan dae wees wat jy nie lus het nie.
Dae wat jy wonder waarom jy begin het.
Dae wat die ou gewoontes hard aan jou deur klop.
Maar elke keer wat jy deurdruk, al is dit net een keuse op ’n slag,
bewys dat daar iets dieper in jou steek, as n kits oplossing vir gewigsverlies
dat jy sterker is as die oomblik.
Jy hoef nie elke dag perfek te wees nie.
Jy hoef net vandag jouself te kies en die heel beste te doen en kies wat jy kan.
Nie net vir die skaal nie—
maar vir jou energie, jou gesondheid en jou toekoms.
Onthou:
Een goeie keuse kan ’n moeilike dag draai.
En baie goeie keuses, oor tyd, verander ’n lewe.
Hou aan.
Selfs stadig is vorentoe.
Veral wanneer dit moeilik raak.
Kontak ons, ons sal jou help
karien@kariencsn.co.za