20/10/2025
Vir lank het ek gevoel ek is vas in die lewe, asof daar emosies in my liggaam vasgevang is wat nie wou beweeg nie. Ek het week na week deur emosies geworstel, met ’n aanhoudende angs wat net nie wou stil word nie. Ek het probeer met skrif, aanbidding, gebed, gesels, joernaal skryf, en selfs dit probeer “wegdink”, maar niks het gewerk nie.
Ek het al deur baie wonde van seer werk en genesing gekry, maar daardie gevoel van vas wees wou net nie verdwyn nie. In een sessie het ons aan my roeping gewerk, of dalk eerder, dit behandel. Rodette het my gehelp om die breinpaadjies te “unwire” en opnuut, op die regte manier, te “rewire”. Ek het die ware Louise ontdek, die een wat God ontwerp het nog voor die grondlegging van die aarde, voor enige mens aan my geraak het.
En deur dit het ek besef: ek kan net myself wees. Ek hoef nie perfek te wees nie. Ek hoef nie stil te bly en net hard te werk nie. Ek mag net wees. Ek is genoeg. Ek is geroep.
Ek is aanvaar, geliefd, gekies, gered deur God, bevry en verlos, gesien en veilig in Hom. En niemand kan dit ooit verander nie. Toe ek weer by myself uitkom, het die angs stadig begin stil word. Ek kan weer die lewe in die oë kyk en doen waarvoor God my geroep het. Geen verwarring meer nie, geen “wat nou?” nie, net vrede. Ek beweeg vorentoe met nuwe energie, binne my eie grense, nie om deur mense raakgesien te word nie, maar met die wete dat God my sien en dit is genoeg.
Ontdek haar reis en begin jou eie: wellnesspractitioner.life
———
For a long time, I felt stuck in life, as if emotions were trapped in my body and refused to move. Week after week, I wrestled with feelings and a lingering anxiety that just wouldn’t go away. I tried Scripture, worship, prayer, talking, journaling, and even thinking my way out of it, but nothing worked.
I had already worked through many wounds and found healing, but the “stuckness” simply stayed. In one powerful session, we dealt with my calling, or rather, we treated it. Rodette helped me “unwire” old brain pathways and “rewire” them the right way. I discovered the real Louise, the one God created before the foundation of the earth, before anyone ever touched my story.
And through that, I realised: I can simply be myself. I don’t need to be perfect. I don’t need to stay quiet and just work hard. I can just be. I am enough. I am called.
I am accepted, loved, chosen, saved by God, set free and redeemed, seen and safe in Him. And no one can ever change that again. Returning to who I truly am silenced the anxiety. I can face life again and walk in what God has called me to do. No more confusion, no more “what’s next”, just peace. I move forward with renewed energy, within my boundaries, not to be seen by others, but with the deep knowing that God sees me, and that is enough.
Discover her journey and start your own: wellnesspractitioner.life