28/08/2019
Kinders en skermtyd
Filter die blou lig uit
Almal weet sekerlik nou al dat te veel skermtyd sleg is vir kinders. Dit maak nie net inbreuk op tyd wat eerder buite deurgebring kon word of om beter menseverhoudinge te bou nie, maar daar is ook ‘n werklike gevaar dat oormatige skermtyd kinders se oë permanent kan beskadig,
Die blou lig wat deur enige elektroniese toestel uitgestraal word is skadelik vir jou oë omdat dit die hoogste energie golflente van sigbare lig het. Die lig dring deur die oë se natuurlike filters na die agterkant van die oog.
Terwyl blou lig skadelik vir almal se oë kan wees, loop kinders onder die ouderdom van 18 veral gevaar omdat hul oë steeds ontwikkel. Hul oë het nie voldoende beskermende pigmente om van die blou lig te filter nie.
Skermtyd meng ook boonop in met ‘n mens se slaaproetine omdat die bloodstelling aan die frekwensie van blou lig die vrystelling van melatonien, die hormoon wat ons vertel wanneer dit tyd is om te slaap, onderdruk.
Die maklikste stap wat ouers kan neem om hul kinders se oë te beskerm is om hul skermtyd te beperk. Dit kan egter moeilik wees om in te stel, veral as jongmense op ‘n tablet of rekenaar vir hul skool huiswerk moet doen. Die intensiteit van die skerm kan egter gedemp word om die hoeveelheid blou lig wat uitgestraal word te beperk.
‘n Beter langtermynstrategie om kinders se oë te beskerm is om n beskermende bril aan te skaf wat die blou lig filter met spesiale lense. Kinders kan die bril dra terwyl hul ‘n toestel met ‘n skerm gebruik.
Kinders hoef nie ‘n oogprobleem te hê om ‘n bril te dra met die blouligfilter – lense nie. Dit is egter raadsaam om ‘n Oogkundige se raad te vra, aangesien jy in die geval die beste gehalte lense, wat vir jou kind geskik is, wil aanskaf.
Vir meer inligting Skakel Meyer Oogkundige op 012 460 8655