Huis Kweekvallei

Huis Kweekvallei Huis Kweekvallei is 'n tehuis vir bejaardes op Prins Albert. ‘n Skoon, veilige en gelukkige huislike omgewing vir elkeen van ons bejaarde inwoners.

Ons hartlike dank aan Powerhour Solar & Electrical, George vir die skenking van verskeie herlaaibare gloeilampe vir Huis...
26/03/2026

Ons hartlike dank aan Powerhour Solar & Electrical, George vir die skenking van verskeie herlaaibare gloeilampe vir Huis Kweekvallei. Ons waardeer julle. Ondersteun hulle gerus!

23/03/2026
Kom geniet ons Pretstap saam ons, 11 April 2026 by Huis Kweekvallei. Daar sal Roosterkoek, Pannekoek, koeldrank en koffi...
21/03/2026

Kom geniet ons Pretstap saam ons, 11 April 2026 by Huis Kweekvallei. Daar sal Roosterkoek, Pannekoek, koeldrank en koffie te koop wees.

Ons harte is werklik swaar en seer om mnr Hansie Köhne te groet, ná sy ewige tuiste. Oom Hansie, soos alombekend, los ba...
18/03/2026

Ons harte is werklik swaar en seer om mnr Hansie Köhne te groet, ná sy ewige tuiste.

Oom Hansie, soos alombekend, los baie diep spore in die dorp, maar ook in Huis Kweekvallei.

Sy dankbaarheid, nederigheid, grappies en sy liefde en respek vir almal sal altyd onthou word. Sy posisie as brigadier oor jare is nooit voorgehou nie.

Selfs in die ekstra moeilike laaste 2+ jaar het hy selde gekla en was hy ‘n toonbeeld van tevredenheid.

Ons gaan hom baie mis! 🥲

Ons d**k spesiaal aan sy geliefdes, veral tannie Marie, Von Zeuner en Marthe-Marie. 🤗

Vandag is “Leer ken die betekenis van jou naam”-dag…..ons het elke inwoner daarmee gehelp…Mag dit tot groot seën van elk...
05/03/2026

Vandag is “Leer ken die betekenis van jou naam”-dag…..ons het elke inwoner daarmee gehelp…

Mag dit tot groot seën van elkeen wees!

Dis altyd ‘n vreugde om jong kollegas te hê vol kreatiwiteit en ondernemingsgees!! Dankie, Monique, vir die pragtige nuw...
03/03/2026

Dis altyd ‘n vreugde om jong kollegas te hê vol kreatiwiteit en ondernemingsgees!!

Dankie, Monique, vir die pragtige nuwe plekmatjies, wat jy vir ons eetsaal ontwerp, laat druk en gelamineer het!

Dié kos proe dadelik NOG lekkerder…😄

Donderdag 26 Februarie was “Nasionale Brief vir ‘n Ouer Persoon Dag”. Briefskryf is ‘n kuns wat ons inwoners geken het e...
03/03/2026

Donderdag 26 Februarie was “Nasionale Brief vir ‘n Ouer Persoon Dag”.

Briefskryf is ‘n kuns wat ons inwoners geken het en waaraan hulle groot waarde geheg het. Daarom het ons familie genooi om briewe vir hul geliefdes te epos of WhatsApp and ons het die res gedoen, om dit soos ‘n BRIEF te laat wees….

Elke inwoner het ‘n koevert met hul naam op gekry, selfs diegene wie se familie nie ‘n brief kon stuur nie.

Dié vreugde was onbeperk!! 🎶😄

Dankie vir elkeen wat ‘n inwoner van Huis Kweekvallei se dag en hart soveel vreugde gegee het!

Oorweeg gerus of u nie betrokke wil raak en 'n brief aan 'n ouer persoon wil skryf nie?26 Februarie is in Suid-Afrika "S...
23/02/2026

Oorweeg gerus of u nie betrokke wil raak en 'n brief aan 'n ouer persoon wil skryf nie?
26 Februarie is in Suid-Afrika "Skryf 'n brief aan 'n Ouer Persoon"....

Find out on what day the Letter to an Elder Day will be in 2026 in South Africa. Calendar for the whole year, calendar for any month, lunar calendar, printable calendar.

Vir vier volle dae was alle rus hierdie week by Huis Kweekvallei verstoor….Ons gange en gemeenskaplike vertrekke het alm...
15/11/2025

Vir vier volle dae was alle rus hierdie week by Huis Kweekvallei verstoor….

Ons gange en gemeenskaplike vertrekke het almal nuwe vloere gekry….en watter reuse verskil maak dit aan ons kosbare tuiste!!

Ons hartlike dank aan on York vir die wonderlike werk. Dit was aangenaam om hulle toegewyde, hardwerkende span, wat soveel respek aan ons inwoners betoon het, by ons te hê! Dankie Vincent, Estelle, Johan, Pieter en die res van julle span vir gehalte werk en die ekstra myl….

Ons wil spesiaal dankie sê vir die nalatenskap van wyle mnr Johan Senekal, wat hierdie groot werk moontlik gemaak het…

Address

Pastorie Street
Prince Albert
6930

Opening Hours

Monday 08:00 - 17:00
Tuesday 08:00 - 17:00
Wednesday 08:00 - 17:00
Thursday 08:00 - 17:00
Friday 08:00 - 17:00

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Huis Kweekvallei posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Practice

Send a message to Huis Kweekvallei:

Share

Share on Facebook Share on Twitter Share on LinkedIn
Share on Pinterest Share on Reddit Share via Email
Share on WhatsApp Share on Instagram Share on Telegram