15/11/2025
Watter voorreg was dit nie om hierdie week, op Sondag 9 November, en sommer weer op Vrydag 14 November, ons oudste inwoner, me Hanna van Rij, se 100e verjaardag saam met haar te vier nie!!
Sondag kon sy met haar naaste vriendinne heerlike tert, as geskenk van ‘n ander inwoner se seun, geniet en Vrydag het ons burgemeester, me Linda Jacquet, haar kom verras met ‘n heerlike koek en hartlike gelukwense.
Mag die Here tannie ryklik seën en elke dag die pad saam met tannie stap (ja, sy is nog heeltemal sterk en stap die huis vol om by ander te gaan kuier en in die tuin tyd saam met katte te geniet….)!!