16/02/2026
Enige abnormaliteit van die kornea het ‘n groot impak op jou visie. Toestande wat kan lei tot ‘n kornea oorplanting word in 2 hoof kategorië geplaas naamlik:
1. Korneale ondeursigtigheid - dowwe visie. Hierdie toestand word dikwels waargeneem agv. korneale inflammasie en litteken.
2. Progressiewe korneale verdunning – onreëlmatige korneale vorm. Verdunning van die kornea lei tot toenemende verandering in kurwatuur, met die ontwikkeling van astigmatisme en swak beeldvorming.
Optimed is HIER om jou ondersteuning te bied met enige korneale toestand…ons HELP graag! Ons bied die heel modernste tegnieke en tegnologie tans beskikbaar.
Kontak ons gerus vir ‘n afspraak by 012 333 1111 / info@lasik.co.za.