Goudini Manne en gesinne vir Christus

Goudini Manne en gesinne vir Christus Hier bemoedig, ondersteun, bid en gee ons om vir mekaar. Ons voed saam- LIGGAAM, SIEL EN GEES.

09/08/2025

Liewe vriende manne en gesinne van Goudini en omstreke

Die Here het die afgelope week weer sterk op my hart gelê om hierdie blad opnuut te gebruik na 'n lang tyd van stilte – nie vir my eie doeleindes nie maar as deel van die bediening waartoe Hy my geroep het in 1989 - geroep om te bedien, getuig te bemoedig en teenwoordig te wees in mense se lewens.

Ek werk daagliks met individue, gesinne en besighede – dikwels stil, een tot een, sonder geraas of vertoon. Ek glo nie aan oortuig nie, maar aan getuienis – want dit is God alleen wat harte aanraak. Hierdie blad is ’n verlenging van daardie bediening - ’n plek van vrede, veiligheid waarheid en hoop.

🟡 Dalk is hierdie vers vandag vir jou “Het Ek jou nie beveel nie? Wees sterk en vol moed! Moenie bang wees nie en moenie skrik nie, want die Here jou God is met jou oral waar jy gaan.” – Josua 1:9

Kom loer gereeld in, deel saam, en laat weet hoe dit werklik met jou gaan. Ek bid dat hierdie blad weer ’n plek sal wees waar die Heilige Gees vrylik kan werk.

Jy is welkom om my direk telefonies te kontak of via WhatsApp indien jy ondersteuning, gebed, of sommer net ’n luisterende oor nodig het. 📱
👉 082 926 7859

Wees geseënd, wees sterk.
In Christus – saam.
Indien jy voel om die te deel met iemand is jy welkom.
Vrede vir julle
Joubert

Address

Rawsonville
6845

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Goudini Manne en gesinne vir Christus posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Practice

Send a message to Goudini Manne en gesinne vir Christus:

Share

Share on Facebook Share on Twitter Share on LinkedIn
Share on Pinterest Share on Reddit Share via Email
Share on WhatsApp Share on Instagram Share on Telegram