RBO Funerals

RBO Funerals RBO begrafnis ondernemers offer bekostigbare begrafnis/verassingsdienste vir u geliefde. Ons professionele diens is gewaarborg teen n bekostigbare prys.

RBO begrafnis ondernemers offer bekostigbare begrafnis/verassingsdienste vir U geliefdes. RBO sal U gemoedsrus gee vanaf die oomblik van afsterwe van n geliefde en U deurentyd behulpsaam wees in die privaatheid van U woning of by ons kantoor. Ons beharting alle dienste en reelings namens U wat U die nodige gemoedsrus sal gee dat U geliefde met die nodige sorg en deernis gehanteer sal word. Ons dienste sluit die volgende in: Verwydering van n geliefde vanaf plek van afsterwe, beharting alle reelings mbt tot die verkryging van n kis van U keuse insluitend, administrasie, kerk, graf/verassing, blomme, programme, registrasie van sterfte. Enige ander spesiale versoeke sal op aanvraag oorweeg word. Ons is 24 uur beskikbaar tot U diens en vir enige verdere navrae kontak ons gerus op 012 734 5065 (24/7) of besoek ons webtuiste op www.rbofunerals.co.za

RBO is in lid van FIRA www.fira.org.za

28/03/2026
Liewe GesinaDis met ’n swaar hart dat ons vandag van jou afskeid neem. Ná 11 kosbare jare waarin jy so ’n groot deel van...
27/03/2026

Liewe Gesina
Dis met ’n swaar hart dat ons vandag van jou afskeid neem. Ná 11 kosbare jare waarin jy so ’n groot deel van ons lewe en groei was, voel dit amper onwerklik om jou te sien gaan. Maar ons weet ook dat die Here ’n nuwe pad vir jou voorberei het.
Dankie vir elke oomblik van omgee, elke helpende hand, elke sagte woord en elke traan wat jy help afdroog het. Jy was nie net ’n kollega nie, maar ’n seën en ’n lig in ons midde.
Ons bid dat die Here jou sal lei en beskerm op elke nuwe tree wat jy gee. Mag Hy jou pad gelyk maak, jou hart met vrede vul en jou hande se werk seën. Mag jy, soos jy hier by RBO gedoen het, aanhou om jou beste te gee en oral waar jy gaan, Sy liefde uit te dra.
Jou plekkie en jou glimlag sal leeg voel sonder jou… maar die herinneringe wat jy agterlaat, sal altyd in ons harte bly.
Gaan met God, liewe Gesina.
Met liefde en diepe waardering.
RBO Span🙏🙏🙏

Dit is met groot hartseer dat ons almal in kennis stel van die afsterwe van Henry (Babie) Erasmus vandag, 15 Maart 2026....
15/03/2026

Dit is met groot hartseer dat ons almal in kennis stel van die afsterwe van Henry (Babie) Erasmus vandag, 15 Maart 2026.
Hy was ’n besondere mens wat ’n merk in baie mense se lewens gelaat het en sal met groot liefde en waardering onthou word. Sy afwesigheid laat ’n groot leemte in die harte van familie en vriende.
Ons harte en gebede is by sy geliefdes in hierdie moeilike tyd. Mag julle troos vind in die kosbare herinneringe wat hy agterlaat.
Ons vra ook dat die familie se privaatheid gerespekteer word terwyl hulle deur hierdie tyd van rou gaan.

Address

1028 Van Rooyen Street
Rayton
1001

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when RBO Funerals posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Share

Share on Facebook Share on Twitter Share on LinkedIn
Share on Pinterest Share on Reddit Share via Email
Share on WhatsApp Share on Instagram Share on Telegram