17/02/2026
๐Hand-, Voet- en Mondsiekte (HVMS)
WAT OUERS MOET WEET:
HVMS is algemeen, baie aansteeklik en hoewel dit gewoonlik nie ernstige simptome toon nie, kan dit vir kinders ongemaklik wees.
WAT IS HVMS?
Hand-, Voet- en Mondsiekte is โn virale infeksie wat meestal babas en jong kinders onder 5 jaar raak, maar ouer kinders en volwassenes kan dit ook kry.
HVMS word veroorsaak deur โn infeksie met die Coxsackie-virus, โn tipe RNA-virus wat aan die Picornaviridae-familie en die Enterovirus-genus behoort.
Belangrik:
HVMS is nie dieselfde as die dierlike โbek- en klouseerโ nie.
Die twee siektes word deur verskillende virusse veroorsaak.
Mense kry nie die bek-en-klouseer siekte nie en diere kry nie HVMS nie.
TEKENS EN SIMPTOME
HVMS begin dikwels met:
โข Koors
โข Moegheid en lusteloosheid
โข Seer keel
Na 1โ2 dae:
โข Pynlike blase in die mond, die agterkant van die keel en op die tong
โข Swak eetlus as gevolg van blase in die mond; en
โข Uitslag aan die handpalms, voetsole en soms op die sitvlak en ander dele van die liggaam.
HOE VERSPREI HVMS?
Die virus kom voor in:
โข Speeksel en respiratoriese afskeidings
โข Vloeistof uit blase
โข Ontlasting van `n besmette persoon
Dit versprei deur:
โข Noue persoonlike kontak
โข Hoes of nies
โข Aanraking van besmette oppervlaktes
โข Aanraking van oรซ, neus of mond nรก kontak met die virus
Aansteeklikheid:
HVMS is hoogs aansteeklik in die eerste sewe dae na besmetting en kinders met HVMS moet minstens sewe dae isoleer of totdat hul blase opdroog om die verspreiding van die virus te voorkom.
Die inkubasietydperk vir HVMS, of die tyd vanaf infeksie tot die aanvang van simptome, is gewoonlik tussen drie tot vyf dae.
WANNEER OM TUIS TE BLY
Kinders moet tuis bly terwyl hulle siek is en nie teruggaan dagsorg of skool toe voordat die blase opgeklaar het en hulle beter voel nie.
โ ๏ธ Moontlike Komplikasies (ongewoon maar belangrik)
In die meeste gevalle lei HVMS tot ligte simptome en geen langtermyneffekte nie. Die meeste kinders herstel volkome, maar komplikasies kan insluit:
โข Dehidrasie
โข Virale meningitis, alhoewel skaars
โข Perikarditis- ontsteking van die perikardium (baie skaars)
๐ Behandeling (Ondersteunende Sorg)
Daar is geen spesifieke antivirale behandeling nie.
Fokus op gemak:
โข Parasetamol of ibuprofen vir koors en pyn (nie aspirien nie)
โข Gereelde klein slukkies vloeistof
โข Koue kosse soos jogurt of yslollies
โข Laat blase natuurlik droog word. Moenie blase oopsteek nie omdat die vloeistof daarin aansteeklik is.
โข Indien โn blaas bars, smeer antibakteriese salf aan om infeksie te voorkom.
๐ฆ Voorkoming
Daar is geen entstof vir HVMS nie. Verminder verspreiding deur:
โข Gereelde handewas met seep en water
โข Skoonmaak van speelgoed en oppervlaktes
โข Hou siek kinders tuis
๐๐๐
Die meeste kinders herstel vinnig met genoeg rus, sorg en voldoende vloeistof inname.