09/01/2022
Aan al my kliente n Baie voorspoedige 2022. Van wee my voldag werk en Ander verpligtinge het ek eers oorweeg om die kliniek te sluit. Maar ek besef ook die behoefte wat daar is vir so n diens. Daarom het ek besluit om dinge net eers te "downgrade" om sodoende dinge te vergemaklik vir my en my gesin.
Ek gaan ook wegbeweeg van Facebook en oorbeweeg na what's app vir Inligting deurgee, afsprake maak ens.
Veranderinge sal soos volg wees.
1. Slegs staats Immunisasies, gesinsbeplanning en Plusoptix oog sifting.
2. Kliniek sal oop wees op n Dinsdag en Donderdag tussen 16h30 en 18h30.
3. Afsprake kan via what's app gemaak word.
(let wel dat ek daagliks werk van 7h30 tot 16h00 en agv daarvan nie altyd dadelik n boodskap sal kan antwoord nie).
4. Konsultasie fooi verhoog vir die 1ste keer in 3 jaar. R180. Gesinsbeplanning R90
5. Betaling met besoek. Konstant of kaartmasjien of EFT voor besoek.
6. Konsultasie sal tot 30min elk beperk word.
Baie dankie vir elkeen se getroue ondersteuning en geduld.
Boeta&Bella groete