Sielkundige Antoinette le Roux

Sielkundige Antoinette le Roux Dr Antoinette le Roux PR 0388831
OPVOEDKUNDIGE SIELKUNDIGE
(Geregistreer by Gesondheidsberoeperaad van Suid Afrika / HPCSA). IK-EVALUERING.

BEROEPSEVALUASIE * BEGAAFDHEID * KREATIWITEIT * KEN JOUSELF * SKOOLGEREEDHEID * LEWENSVAARDIGHEDE * MOLESTERING * SIELKUNDIGE WELWESE * RETREATS *

FOKUS
My fokus is op kinders en jongmense maar ouers, voogde, onderwysers, oupas en oumas is ook baie welkom om my te kontak (e-pos gerus). BEGAAFDHEID / KREATIWITEIT
Het u 'n sensitiewe kind? Stel u kind hoë eise aan hom-/haarself en aan die wêreld? Bevraagteken u kind dikwels die status quo? Heelwaarskynlik is u kind begaafd (of kreatief begaafd) en sukkel om "in te pas" in 'n wêreld waar hy/sy dikwels "anders" voel. Hierdie kinders het my so gefassineer dat ek 'n MEd gedoen het met die tema, die affektiewe ontwikkeling van die kreatief begaafde adolessent (Unisa, 1987). Indien u hande in die hare sit en meer wil weet hoe om met hierdie kinders te werk en hul te begelei na optimale selfrealisering, kom gesels gerus want dalk kan ons 'n plan uitwerk. KEN JOUSELF
My "Ken Jouself"-program is gebaseer op my M-verhandeling ((MEd in Voorligting/Guidance and Counselling; Unisa; 2008) waarin ek die Relasieteorie van Unisa gebruik het om aspekte soos selfkonsep, selfgesprek, betrokkenheid, betekenisgewing en belewing, die self, identiteit, ego en selfrealisering onder die soeklig te plaas.
'n Program is hierna ontwerp waardeur 'n persoon hom-/haarself beter kan leer ken. Aandag word gegee aan die relasie met jouself en met ander (verhoudings kan uitmergelend wees, of geweldige positiewe energie gee). Ook kan kwessies uit die verlede, waarmee 'n persoon steeds sukkel, uitgelig en aangespreek word. Die program kan ook gebruik word wanneer u voel dat u persoonlik wil groei. Sessies kan individueel; in pare of in groepe aangebied word. DIe kursus is vir alle jongmense en volwassenes. Ons integreer hierdie tema ook in toekomstige retreats (hou facebook gerus dop). TOETSE
Daar is ook heelwat toetse wat aangewend kan word om leerders te help met struikelblokke of met vakkeuses of die beplanning van hul loopbane. SKOOLGEREEDHEIDSTOETSE
Ek gebruik onder andere ‘n Skoolgereedheidspakket wat tydens my opleiding by Unisa ontwerp en gebruik is en ouers/onderwysers kan help om die skoolgereedheidsvlak van 'n kind te help bepaal. Dit behels 2-3 sessies en word per individuele leerder afgeneem. Ouers kry ook ‘n vertroulike verslag. SANDSPEL en TEKEN
VIr kinders en volwassenes wat getraumatiseer is en/of sukkel met algemene aanpassing. Ook vir ouerleiding en familieterapie. BEROEPSVOORLIGTING
Ken jouself/Beroepsleiding – Know yourself/Career Counselling. Hoe beter leerders hulself ken, hoe beter die keuses wat hulle maak. Omdat leerders tydens hul hoёrskoolfase belangrike besluite moet neem soos dié ten opsigte van vak- en beroepskeuses, bied ek ‘n pakket van toetse aan wat leerders hiermee kan help. Die toetse is beskikbaar in Afrikaans sowel as Engels, vir graad 8-10, asook vir graad 10-12. Dit word in aparte taalgroepe afgelê. Toetse meet byvoorbeeld aanleg, belangstelling en persoonlikheid, asook hul emosionele lewe. Ook kan emosionele struikelblokke geϊdentifiseer word vir verwysing of vir latere terapie. Die assessering duur ongeveer 5 ure (ons kan die evaluasie in 2 sessies doen) en kan individueel of in groepsverband afgeneem word waarna elke leerder tydens ‘n individuele sessie, ‘n konfidensiёle skriftelike verslag ontvang. Die volledige SSAIS-R toets gee onder andere ‘n aanduiding van die leerder se verbale en nie-verbale vermoëns, die leerder se sterk en swak punte, asook die kognitiewe kategorie waarin die leerder val. Tesame met ander toetse kan hierdie IK-toets ook gebruik word by die keuse van vakke en beroepe (Vir leerders 7-17 jaar)

By primêre leerders word die verkorte SSAIS-R IK(4)-toets gebruik wanneer besluit moet word oor die bevordering van ‘n leerder, of verwysing na byvoorbeeld ‘n ELSEN-skool. Sedert 2007 werk ek as vrywillger by 'n skool in 'n voorafbenadeelde omgewing waar ek hierdie toetse doen. Indien skole belangstel kan ek die toetse by u skool kom afneem. TEMAS vir leerders en ouers
Daar is talle onderwerpe waaroor daar met leerders gesels kan word, bv studiemetodes, ongemotiveerdheid, emosionele intelligensie, seksuele voorligting, ens. Kom bespreek gerus met my. ALGEMEEN
Volgens die Gesondheidsberoeperaad van Suid Afrika (HPCSA) is skriftelike toestemming van ouers/voogde nodig in bogenoemde gevalle waar die kind onder 15 jaar oud is. Vanaf 15 jarige ouderdom kan die kind/volwassene self skriftelike toestemming gee. U is welkom om u behoeftes met my te bespreek sodat ons die beste bedeling vir u en u kind kan uitwerk. Dit is onnodig dat ons gebuk gaan onder probleme of kwessies of onopgeloste sake en lewensblyheid en sinvolheid van bestaan inboet. Kom ons gesels daaroor! PRAKTYK
Technopark, STELLENBOSCH en KOMMETJIE. NAVRAE
Indien u in enige van hierdie dienste belangstel, of twyfel oor 'n gepaardgaande aspek, is u welkom om my per e-pos te kontak by aleroux@icon.co.za. [Ek kan ongelukkig nie altyd my selfoon antwoord nie]. BETALING
Kontantpraktyk met voorafbetaling: Kliёnte betaal my, waarna u van u mediese fonds kan terugeis. Groete
Antoinette le Roux

BA; THOD; BA Honneurs (Sielkunde); BEd (Begaafdekindonderwys); MEd; BEd Endorsement (Guidance & Counselling); MEd (Guidance & Counselling); DPhil (Leierskap in Prestasie en Verandering).

Address

Technopark
Stellenbosch
7600

Opening Hours

Monday 08:00 - 20:00
Tuesday 08:00 - 20:00
Wednesday 08:00 - 20:00
Thursday 08:00 - 20:00
Friday 08:00 - 20:00

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Sielkundige Antoinette le Roux posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Practice

Send a message to Sielkundige Antoinette le Roux:

Share

Share on Facebook Share on Twitter Share on LinkedIn
Share on Pinterest Share on Reddit Share via Email
Share on WhatsApp Share on Instagram Share on Telegram