Liefde Vir Liam Jacobs

Liefde Vir Liam Jacobs Contact information, map and directions, contact form, opening hours, services, ratings, photos, videos and announcements from Liefde Vir Liam Jacobs, Medical and health, Klein Joostenberg, Stellenbosch.

A STORY WRITTEN FOR GLORY! ๐Ÿ‘‘
Liam is op 4 jarige ouderdom gediagnoseer met Medulloblastoma Stage 4 Brein Kanker wat ook na sy spinale koord versprei het ๐Ÿ’›๐ŸŽ—Hy is n absolute WONDERWERK & in REMISSIE sedert 10/11/2025!
2 Kings 20:5 ๐Ÿ™Œ๐Ÿผ

โ€™n Jaar terug het ek in โ€™n hospitaalbed gelรช om my laaste 4 dag chemo te kry. Baie mense het vir my gebid.  Mamma het ge...
14/04/2026

โ€™n Jaar terug het ek in โ€™n hospitaalbed gelรช om my laaste 4 dag chemo te kry.
Baie mense het vir my gebid.
Mamma het gesรช Jesus hoor elke gebedโ€ฆ selfs die stilletjies.

Party dae was baie moeilik.
Maar elke dag het ek net nog โ€™n bietjie aangehou.

En kyk nouโ€ฆ

Vandag word ek wakker vir skool.
Ek lag, ek speel, ek hardloop rond.
Ek is nie meer in daai bed nie.

Mamma sรช ek is โ€™n klein wonderwerk.
Maar ek weetโ€ฆ dit was Jesus wat my gehelp het.

โ€™n Jaar laterโ€ฆ
en my storie wys net:
God maak mense gesond,
Hy gee nuwe dae,
en Hy los jou nooit alleen nie

๐Ÿ’›๐ŸŽ—๏ธ

Dankie Radio 33 en tannie Lizel - Radio 33 Presenter ๐Ÿ’›
09/04/2026

Dankie Radio 33 en tannie Lizel - Radio 33 Presenter ๐Ÿ’›

Liewe Liam,

Jou storie is een van ongelooflike moed, geloof en oorwinning. Op so โ€™n jong ouderdom moes jy โ€™n pad stap wat min mense ooit sal verstaan โ€” maar jy het dit met โ€™n dapper hart en โ€™n onbreekbare gees gedoen.

Op net 4 jaar oud, toe jy met medullablastoma, stadium 4 breinkanker gediagnoseer is, het jy begin bakleiโ€ฆ en jy het nooit opgegee nie. Jy het gewys wat dit beteken om regtig sterk te wees. Jou geloof het mense diep geraak โ€” so klein lyfie, maar met die grootste geloof wat mens kan hรช.

Deur elke moeilike dag, elke chemo-sessie, was jou mamma, pappa en sussie langs jou. Saam het julle hierdie stryd aangepak, tree vir tree, en saam het julle oorwin. Vandag is dit โ€™n vreugde om te sien hoe jy weer lag, speel, en sommer jou mamma uit die huis uit eet โ€” en niemand sal ooit daaroor kla nie, want elke oomblik saam met jou is โ€™n seรซn.

Jy is lief vir die plaaslewe en buffels ry, en jy leef jou lewe voluit โ€” soos elke kind behoort te doen. Nou dat jy terug is by die skool en dit so geniet, inspireer jy almal om jou. Oral waar jy gaan, bring jy hoop.

Liam, jy het vir ons almal gewys dat met geloof is enigiets moontlik. Jy is โ€™n ware inspirasie โ€” nie net vir jou familie nie, maar vir die wรชreld.
Mag jou pad vorentoe gevul wees met nog soveel vreugde, avonture en seรซninge.
Met baie liefde en bewondering

ยฉLizel Viljoen

Van speel in in n hospitaal bed tot lekkerste speel by die huis!! So n groot verskil in n jaar se tyd!! ๐Ÿ™Œ๐Ÿผ๐Ÿ’›Reg vir Kwart...
07/04/2026

Van speel in in n hospitaal bed tot lekkerste speel by die huis!! So n groot verskil in n jaar se tyd!! ๐Ÿ™Œ๐Ÿผ๐Ÿ’›

Reg vir Kwartaal 2 ๐Ÿคฉ

31/03/2026

Wanneer iets soos kanker mens tref is mens so geneig om te vra hoekom? Die realiteit is mens sal nooit regtig nou al weet nie. Jy moet die Here se hand vat en hierdie pad met hom stap.
Hierdie seuntjie laat my so baie aan Liam d**k. Hy is GEKIES, en so positief! Liam het op 95% van die tyd ALTYD geglimlag, hy het geweet Jesus is by hom ๐Ÿ™Œ๐Ÿผ๐Ÿ’›

๐Ÿ’›
27/03/2026

๐Ÿ’›

๐Ÿ’›๐ŸŽ—๏ธ

My storie van God se GENADE!
17/03/2026

My storie van God se GENADE!

Liam Jacobs (6) van Ottosdal het Maandag (16/3) sy tweede opvolgafspraak gehad om te kyk of die kanker teruggekeer het waarteen hy langer as โ€™n jaar geveg het. Die skandering het bevestig hy is ste...

Dankie dat julle almal vir my gebid het ๐Ÿ’›๐Ÿ™Œ๐Ÿผ Liewe Jesus sorg so mooi vir my ๐Ÿ™Œ๐Ÿผ๐Ÿคฉ
16/03/2026

Dankie dat julle almal vir my gebid het ๐Ÿ’›๐Ÿ™Œ๐Ÿผ Liewe Jesus sorg so mooi vir my ๐Ÿ™Œ๐Ÿผ๐Ÿคฉ

ล„ Visser van mense vir Jesus ๐ŸŽฃ๐Ÿ™Œ๐ŸผSeuntjie wees is lekker, en hierdie is n voorreg! Ek gaan die 16de Maart weer vir my sca...
08/03/2026

ล„ Visser van mense vir Jesus ๐ŸŽฃ๐Ÿ™Œ๐Ÿผ

Seuntjie wees is lekker, en hierdie is n voorreg!

Ek gaan die 16de Maart weer vir my scan dis sommer on die draai, maar soos julle sien gaan dit baie goed met my ๐Ÿ˜ Dankie dat julle saam ons sal bid vir n goeie scan! ๐Ÿ’›๐ŸŽ—๏ธ

A lot can happen in one year! ๐Ÿ™Œ๐Ÿผ๐Ÿ’›
01/03/2026

A lot can happen in one year! ๐Ÿ™Œ๐Ÿผ๐Ÿ’›

Liewe Jesus Soos die tyd nader stap weet ons wat voorlรช. Ek vra dat Jesus my asb. sal vashou, deur die drips en slegte m...
23/02/2026

Liewe Jesus

Soos die tyd nader stap weet ons wat voorlรช. Ek vra dat Jesus my asb. sal vashou, deur die drips en slegte medisyne. Jesus ek weet U weet klaar wat die uitkoms gaan wees maar tog wil ek asb. bid dat my scan nogsteeds sal skoon wees. Ek bid vir rustigheid onder ons gesin - Dankie Jesus dat U my genees en gedra het.
In Jesus naam
Amen๐Ÿ’›๐ŸŽ—๏ธ

Hallo julle ๐Ÿ’›๐ŸŽ—๏ธ Ons is so vasgevang in gesond wees en skooltoe en ons nuwe normaal dat ons eintlik al vergeet het scan t...
17/02/2026

Hallo julle ๐Ÿ’›๐ŸŽ—๏ธ

Ons is so vasgevang in gesond wees en skooltoe en ons nuwe normaal dat ons eintlik al vergeet het scan tyd is om die draai.

My volgende scan is 16 MAART. Ons sien dan ook dan weer die neurochirurg ๐Ÿ™Œ๐Ÿผ

Ons glo dat ek nogsteeds skoon wees van kanker ๐Ÿ™Œ๐Ÿผ Ek sien vreeslik uit daarna om vir almal by die hospitaal te wys hoe goed dit met my gaan.

Dit gaan regtig baie goed met my. Ek geniet elke oomblik van seuntjie wees en van kind wees.

Dankie vir almal wat steeds aan my d**k en vir my bid ๐Ÿซถ๐Ÿผ

๐Ÿ’›๐ŸŽ—๏ธ

Address

Klein Joostenberg
Stellenbosch

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Liefde Vir Liam Jacobs posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Share