25/02/2026
🎙️✨ Vandag om 13:15 op Your Daily Date met Christie Hansen gesels hy oor ’n belangrike gesondheidsonderwerp: Die belangrikheid van Magnesium & Vitamien D ☀️
Christie gesels met DSND – Live Well, Live Smart, saam met Estelle le Coq, Skakelbeampte by DSND Aftree-oord in Strand, en ’n spesiale ateljee-gas, Carike Snygans, Eenheidsbestuurder by DSND Altena.
Hulle bespreek waarom magnesium en vitamien D so belangrik is vir jou liggaam, hoe tekorte jou kan beïnvloed, en eenvoudige, praktiese maniere om seker te maak jy kry genoeg.
Van die ondersteuning van jou immuunstelsel tot beter energievlakke en algemene welstand — hierdie gesprek is propvol raad wat jy daagliks kan toepas! 💡🌿
Moenie dit misloop nie!