DSND Die Strand-Naastediens NPC was established in 1969 as a Non-Profit Organisation in Strand, Western Cape. Retirement and assisted living facility

The Company focuses on providing quality, affordable accommodation and care options to the elderly and people who would like to retire in a community

Skakel vandag om 13:15 in op HelderbergFM en leer meer oor hoe sout ons gesondheid steel - soutfaktor.
12/11/2025

Skakel vandag om 13:15 in op HelderbergFM en leer meer oor hoe sout ons gesondheid steel - soutfaktor.

✨ Vandag op Boost Jou Bord! ✨

Om 13:15 gesels Christie Hansen weer met Estelle Lecoq van DSND — en vandag se tema is:
“Die Soutfaktor – Hoe sout ons gesondheid steel.” 🧂💬

Kom ontdek hoe te veel sout jou liggaam beïnvloed, watter gevare daarin skuil, en hoe jy gesonder keuses kan maak sonder om smaak prys te gee! 👀✨
Moenie dit misloop nie!

Woensdagmiddag het Serenitas Aftree-oord ’n elegante High Tea aangebied! Inwoners het heerlike koffie en tee geniet, saa...
07/11/2025

Woensdagmiddag het Serenitas Aftree-oord ’n elegante High Tea aangebied!

Inwoners het heerlike koffie en tee geniet, saam met sout- en soethappies, terwyl Mev. Rina Goldberg vir pragtige klaviervermaak gesorg het.

Mnr. Gert Bezuidenhoudt het die geleentheid geopen deur interessante feite te deel oor die ontstaan van High Tea, en Mnr. Don Yaxley het die gehoor bederf met ’n mooi gedig.
Dit was beslis ’n spoggeleentheid vol styl en lekker geselskap.

Baie dankie aan Serenitas Komitee en Fedics vir hul samewerking en bydrae tot ’n geslaagde middag!

07/11/2025
Word deel van ons span! Altena en Ametis Aftree-oorde soek toegewyde huishoudelike assistente.
06/11/2025

Word deel van ons span! Altena en Ametis Aftree-oorde soek toegewyde huishoudelike assistente.

Boost Jou Bord met   &
30/10/2025

Boost Jou Bord met &

Skakel vandag om 13:15 in op HelderbergFM en leer meer oor borskanker en voeding – waardevolle inligting vir bewusmaking...
22/10/2025

Skakel vandag om 13:15 in op HelderbergFM en leer meer oor borskanker en voeding – waardevolle inligting vir bewusmaking en gesondheid.

🎀 Boost jou bord!

Vandag om 13:15 gesels Christie Hansen weer met Estelle Lecoq van DSND — en dié keer is die tema “Borskanker en Voeding.” 💗🥗

Luister in vir waardevolle insigte oor hoe jou dieet ’n rol kan speel in voorkoming, herstel en algehele welsyn. 🌸

Loopbaangeleentheid: Geregistreerde VerpleegkundigeAs jy omgee vir mense en graag in ’n rustige, professionele omgewing ...
22/10/2025

Loopbaangeleentheid: Geregistreerde Verpleegkundige

As jy omgee vir mense en graag in ’n rustige, professionele omgewing wil werk — Serenitas wag vir jou!

Vandag het die inwoners van Altena ’n vrolike karnaval beleef! Daar was heerlike spookasem, popcorn, vars koffie en koek...
17/10/2025

Vandag het die inwoners van Altena ’n vrolike karnaval beleef!

Daar was heerlike spookasem, popcorn, vars koffie en koek om van te smul. Die dag is verder gevul met musiek van die Bluecrane Funeral.

’n Groot dank aan Fedics wat hierdie spesiale dag geborg en moontlik gemaak het. Dankie ook aan elke personeellid wat gehelp het, en ’n spesiale dank aan al die inwoners wat die karnaval so mooi bygewoon het!

Op 8 Oktober het Altena, Ametis en Serenitas deelgeneem aan die jaarlikse Senior Sportdag wat deur Blue Crane Funerals a...
09/10/2025

Op 8 Oktober het Altena, Ametis en Serenitas deelgeneem aan die jaarlikse Senior Sportdag wat deur Blue Crane Funerals aangebied is.

Dit was ’n dag gevul met pret, plesier en gesonde mededinging. Ons inwoners het die aktiwiteite baie geniet en die gees van samehorigheid was oral sigbaar.

Ametis se span het as die algehele wenners van die dag uitgestyg – baie geluk aan al die inwoners wat so trots deelgeneem het. Ons is regtig trots op julle!

’n Spesiale woord van dank aan Theo en sy span van Blue Crane Funerals vir die uitstekende reëlings, asook aan Feedem wat gesorg het vir heerlike eetgoed.

Ons waardeer ook Fedics se bydrae wat elke spanlid bederf het met ’n sakkie vol lekkernye.

Ons sien met groot opgewondenheid uit na die Senior Spele in 2026, waar ons inwoners weer hul sportiewe gees en entoesiasme sal kan wys.

DSND het tans ’n vakature beskikbaar: Admin Klerk – Instandhouding.Indien jy belangstel om by ons span aan te sluit, sie...
07/10/2025

DSND het tans ’n vakature beskikbaar: Admin Klerk – Instandhouding.

Indien jy belangstel om by ons span aan te sluit, sien asseblief die aangehegte dokument vir meer inligting.

Werksgeleentheid: DSND is op soek na ’n toegewyde tuinier om ons terrein en tuine in puik toestand te onderhou.
19/09/2025

Werksgeleentheid: DSND is op soek na ’n toegewyde tuinier om ons terrein en tuine in puik toestand te onderhou.

Address

Altena Road
Strand
7410

Opening Hours

Monday 08:00 - 16:30
Tuesday 08:00 - 16:30
Wednesday 08:00 - 16:30
Thursday 08:00 - 16:30
Friday 08:00 - 16:00

Telephone

+27605851186

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when DSND posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Practice

Send a message to DSND:

Share

Share on Facebook Share on Twitter Share on LinkedIn
Share on Pinterest Share on Reddit Share via Email
Share on WhatsApp Share on Instagram Share on Telegram