Van Niekerk-Benadehof ACVV Dienstak

Van Niekerk-Benadehof ACVV Dienstak Since Sep. 1980, Van Niekerk-Benadehof has been providing residents a safe and peaceful environment.

The facility is a five-storey building with bachelor- units, single-bedroom units and two-bedroom units, each with its own kitchen and bathroom, as well as a 24 hour caring facility.

Wat gebeur vanaand by Van Niekerk-Benadehof....? 🎷🎶
05/11/2025

Wat gebeur vanaand by Van Niekerk-Benadehof....? 🎷🎶

🎂 Die eerste kersies van November is uitgeblaas en ons het reeds saam met ’n paar van ons inwoners hul verjaarsdae gevie...
05/11/2025

🎂 Die eerste kersies van November is uitgeblaas en ons het reeds saam met ’n paar van ons inwoners hul verjaarsdae gevier! 🎁

Baie geluk aan almal wat al verjaar het en aan dié wat nog wag op hulle spesiale dag, mag daar vreugde in elke oomblik wees en gesondheid en vrede in die dae wat kom. By Van Niekerk-Benadehof vier ons elke mylpaal met dankbaarheid. 🙏

🫖🌸 Ons inwoners van die Versorgingsafdeling is heerlik bederf deur die gawe Heleen Fourie, eienaar van die koffiewinkel ...
23/10/2025

🫖🌸 Ons inwoners van die Versorgingsafdeling is heerlik bederf deur die gawe Heleen Fourie, eienaar van die koffiewinkel 𝗞𝗥𝗘𝗔𝗧𝗜𝗘𝗙 in die Strand. Baie dankie vir jou omgee-hart, Heleen, en dat jy Dinsdag so spesiaal vir ons inwoners gemaak het.

21/10/2025

Van die eerste noot tot die laaste applous was dit ’n aand van sang en sielskos. 🎼👥 Ons het dit só geniet om die Helderberg Gemeenskapkoor vir 'n spesiale uitvoering by Van Niekerk–Benadehof te ontvang.

Voor die tyd is daar eers ligte verversings bedien en daarna het die koor die gehoor betower. ’n Groot dankie aan elke inwoner en gas wat dié spesiale aand saam met ons gedeel het.

😍 📷 Ons inwoners het mekaar só mooi aangemoedig en ondersteun dat elke oomblik vasgevang móés word. Geen wonder daar is ...
14/10/2025

😍 📷 Ons inwoners het mekaar só mooi aangemoedig en ondersteun dat elke oomblik vasgevang móés word. Geen wonder daar is so baie foto’s van die Helderberg Seniors Sportdag nie!

Ons twee spanne het nie net deelgeneem nie – hulle het gelag en met soveel energie meegedoen dat dit aansteeklik was.

Geniet dit om deur hierdie eerste stel foto’s in die album te blaai.

🙌 Blue Crane Funerals het weereens hierdie wonderlike dag aangebied en Feedem het lekker eetgoed verskaf.

Ons inwoners wen die 𝗕𝗘𝗦𝗧𝗘 𝗦𝗣𝗔𝗡𝗚𝗘𝗘𝗦-trofee by die 𝗛𝗲𝗹𝗱𝗲𝗿𝗯𝗲𝗿𝗴 𝗦𝗲𝗻𝗶𝗼𝗿𝘀 𝗦𝗽𝗼𝗿𝘁𝗱𝗮𝗴! 👏🏻👏🏻Baie geluk aan ons twee spanne – die ...
08/10/2025

Ons inwoners wen die 𝗕𝗘𝗦𝗧𝗘 𝗦𝗣𝗔𝗡𝗚𝗘𝗘𝗦-trofee by die 𝗛𝗲𝗹𝗱𝗲𝗿𝗯𝗲𝗿𝗴 𝗦𝗲𝗻𝗶𝗼𝗿𝘀 𝗦𝗽𝗼𝗿𝘁𝗱𝗮𝗴! 👏🏻👏🏻

Baie geluk aan ons twee spanne – die Skrop-en-Skop-span en die Emmer-en-Besem-bende 🪣🧹🫧 – wat met entoesiasme en humor deelgeneem het. Kyk hoe oorspronklik was hulle aangetrek om by hul tema en spanname te pas!

’n Groot dankie aan Blue Crane Funerals vir die aanbieding van die jaarlikse sportdag, Feedem vir die heerlike eetgoed en aan ons personeel wat saamgegaan het om elkeen van ons inwoners aan te moedig en te ondersteun. 💜

Ons deel later nog foto’s van die dag. 📷

ACVV Head Office: Older Persons Care / Ouer Persone Sorg

🎉 Oktober skop af met ‘n lys vol verjaarsdae – van ons inwoners tot ons personeel. Baie geluk aan elkeen van julle wat h...
01/10/2025

🎉 Oktober skop af met ‘n lys vol verjaarsdae – van ons inwoners tot ons personeel. Baie geluk aan elkeen van julle wat hierdie maand ‘n kersie uitblaas! 🕯️🧁

Ons wens vir julle ‘n jaar vol gesondheid, vreugde en mooi oomblikke. Dankie dat julle deel is van die Van Niekerk-Benadehof-familie en ons dae ryker maak.

💜💚 Vandag, 1 Oktober, vier ons 𝗜𝗻𝘁𝗲𝗿𝗻𝗮𝘀𝗶𝗼𝗻𝗮𝗹𝗲 𝗗𝗮𝗴 𝘃𝗶𝗿 𝗢𝘂𝗲𝗿 𝗣𝗲𝗿𝘀𝗼𝗻𝗲 en die hele Oktober word wêreldwyd as Internasionale ...
01/10/2025

💜💚 Vandag, 1 Oktober, vier ons 𝗜𝗻𝘁𝗲𝗿𝗻𝗮𝘀𝗶𝗼𝗻𝗮𝗹𝗲 𝗗𝗮𝗴 𝘃𝗶𝗿 𝗢𝘂𝗲𝗿 𝗣𝗲𝗿𝘀𝗼𝗻𝗲 en die hele Oktober word wêreldwyd as Internasionale Maand vir Ouer Persone erken.

Ons inwoners en alle ouer persone dra die wysheid, liefde en ervarings van ’n leeftyd saam met hulle en herinner ons aan die krag van gemeenskap en sorg. By Van Niekerk-Benadehof glo ons dat elke ouer persoon kosbaar is en verdien om met waardigheid en respek hanteer te word.

💐 Vandag sê ons dankie vir jul stories, jul liefde en jul onskatbare bydrae.

Die gees van Erfenisdag brand warm in ons harte. 🇿🇦🔥 Van ons kant af – gelukkige Erfenisdag en Braaidag aan al ons inwon...
24/09/2025

Die gees van Erfenisdag brand warm in ons harte. 🇿🇦🔥 Van ons kant af – gelukkige Erfenisdag en Braaidag aan al ons inwoners, familie, personeel en vriende. Dankie dat ons saam kan vier wat ons land, kultuur en mense so uniek maak.

Ons is ongelooflik trots om hierdie groot nuus te deel! 🪽 Ons eie Raadslid, mnr. Paul Brits, het die 𝟮𝟬𝟮𝟱 𝗔𝗖𝗩𝗩 𝗩𝗲𝗲𝗿𝘁𝗷𝗶𝗲-...
18/09/2025

Ons is ongelooflik trots om hierdie groot nuus te deel! 🪽 Ons eie Raadslid, mnr. Paul Brits, het die 𝟮𝟬𝟮𝟱 𝗔𝗖𝗩𝗩 𝗩𝗲𝗲𝗿𝘁𝗷𝗶𝗲-toekenning ontvang.

Elke jaar vereer die ACVV Hoofkantoor 'n vrywilliger vir hul getroue diens aan die organisasie. Mnr. Brits is reeds 13 jaar lank op ons Raad en as prokureur is hy vir ons van onskatbare waarde. Die voorsitter van ons Raad, mnr. Piet du Toit, en ons bestuurder, mev. Alida Kruger, het die toekenning aan hom oorhandig.

Ons dank hom vir sy toewyding aan ons inwoners en personeel se welstand. Baie geluk, mnr. Brits – hierdie erkenning is meer as welverdiend! 💜

ACVV Head Office: Older Persons Care / Ouer Persone Sorg

Wie sê jy kan nie in jou pantoffels feesvier nie? 😉🌼 Hier is nog foto’s van ons inwoners in hul gunsteling pajamas en pa...
09/09/2025

Wie sê jy kan nie in jou pantoffels feesvier nie? 😉🌼 Hier is nog foto’s van ons inwoners in hul gunsteling pajamas en pantoffels, vol lentegees tydens die Lentedag Laatontbyt. 🌸 Ons waardeer elke hand wat gehelp het om dit moontlik te maak. Die liplekker kos van Western Province Caterers het dit net ekstra spesiaal gemaak. 🥐💜

Address

Neethling Street 30
Strand
7140

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Van Niekerk-Benadehof ACVV Dienstak posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Practice

Send a message to Van Niekerk-Benadehof ACVV Dienstak:

Share

Share on Facebook Share on Twitter Share on LinkedIn
Share on Pinterest Share on Reddit Share via Email
Share on WhatsApp Share on Instagram Share on Telegram