23/04/2026
Baie dankie aan die Strand gemeenskap en Strand Neighbourhood Watch / Strand Buurtwag, wat elke jaar, hierdie inisiatief só getrou, dryf.
Ons is altyd só dankbaar, vir elke pakkie, wat ons inwoners, elke liewe jaar ontvang.
Julle omgee en ondersteuning maak ’n tasbare verskil – saam bring ons lig en liefde vir ons seniors.
By voorbaat dankie aan elke persoon wie bydra.
---‐‐----‐---------------------------------------------------------------------
SILWER HARE IS GOUD WERD
Wat is dit?
Silver hare is 'n Strand Buurtwag inisiatief wat in 2019 begin het , en elke jaar tot dusver samel Strand Buurtwag broodnodige toiletware in vir tehuise vir bejaardes in die Strand . Die toiletware word verpak in n winterpakkie vir elke bejaarde en oorhandig per hand .
Tydsduur?
Insamel periode, vanaf 1 April tot einde Mei .
Verpakking en uitdeel gedurende Junie .
Wat behels die pakkie?
4 x koekies lyfseep
2 x buise tandepaste
1 x tandeborsel
1 x pak/boks sneesdoekies
1 x waslap
1 x bottel sjampoo
2 x pakkies koekies
1 x sjokolade
Tehuise betrokke?
Huis Jan Swart
Soeterus
Pam Brink
Esperanza
Ametis
Altena
Huis van Niekerk Benade Hof
Sencit Resthaven
Doelwitte en skenkings:
Daar gaan gepoog word om 1000 pakkies te pak.
Ons vra die gemeenskap om dit asb. te ondersteun deur produk of kontant te skenk vir die gemeenskap projek. Deur dit te doen , wys dit ons as gemeenskap gee om.
Bankbesonderhede volg na boodskap , gebruik verwysing : Silver hare asb.
Aflaaipunte vir produk:
Calvinia Vleis
Goedehoop Kwikspar
Heldervue Spar en
Elke Vrydag tussen 16h00 en 18h00 by Strand Buurtwag - 3 Masonicstraat, Strand.
Borge en donateurs :*
Hoofborg - Strand Buurtwag in samewerking met Helderberg FM en Blue Crane Funerals.
Donateurs :
Dubbel Platinum :
Gossamer Structures
Platinum:
2x anonieme lede
Sheetmetal Solutions
Mnr. Papendorf
Goud:
Feedem
Brons :
West Cape Waterproofing & Painting Solutions
Vir navrae en/of meer inligting kontak Carl by 0836352114.
Baie Dankie vir die lees van die boodskap. Sien u by die aflaai punte.
Strand Buurtwag
Carl Gersbach