08/12/2021
Nadene was Saterdag by ongevalle in Wilgers hospitaal. Sy het geweldig pyn en het begin ontwater. Na heen en weer tussen ongevalle en die huis het hulle haar maandag aand opgeneem. Haar scan wys dat daar 'n moontlikheid is van dikderm kanker. Sy word tans behandel vir 'n infeksie van die dikderm en as dit nie gaan werk nie, sal hulle 'n biopsie moet doen om te toets vir kanker. Sy het nog hewig pyn en is die meeste van die tyd verdoof. Hou haar asb in julle gebede. Baie dankie vir almal se boodskappies en omgee.