Huis Matzikama

Huis Matzikama Frail care for 60 years and above

En so begin 'n baie spesiale projek. Huis Matzikama is 15 jaar gelede laas geverf. Dit was lankal tyd vir 'n nuwe rok vi...
23/04/2026

En so begin 'n baie spesiale projek. Huis Matzikama is 15 jaar gelede laas geverf. Dit was lankal tyd vir 'n nuwe rok vir hierdie middeljarige dame .

Ons was bevoorreg om 'n milde skenking vanaf Truckers Moedskep te ontvang wat vir hierdie projek aangewend kan word. Baie dankie aan Ben Nel van Truckers en elke donateur wat tot hulle fondsinsameling bygedra het.

Ons sal almal deurlopend op hoogte hou van die vordering wat gemaak word.

Vryburgers Rawsonville het vir die tweede agtereenvolgende jaar Huis Matzikama betrek by hulle jaarlikse Tamaaibraai. Ba...
10/04/2026

Vryburgers Rawsonville het vir die tweede agtereenvolgende jaar Huis Matzikama betrek by hulle jaarlikse Tamaaibraai. Baie dankie Bertus en jou mense vir hierdie besonderse uitreik. Vryburgers borg die hele ete. Al versoek wat hulle het is dat vrywilligers uit die gemeenskap die vleis braai. Die manne (en vroue) het vanoggend al vroeg opgedaag en net na 08:00 die vure aangesteek. Dit was nie lank voor die inwoners een vir een opgedaag het nie. Die groepkuier, grappe en lag is mos die lekkerste van alles...Christie, Vaatjie, Deon , Stefan, JJ, Riana en Sanet... baie dankie. Ons waardeer julle baie. Vir my Huishoudelike span...julle is steeds bobaas met die roosterkoek. Die inwoners sê dankie vir 'n heerlike ete.

09/04/2026

Tannie Fransie van der Westhuizen is vanoggend verras deur haar susterskind en vriend al die pad vanaf Hermanus. Hulle het haar behoorlik bederf tydens die besoek en het hulle musiekinstrumente saamgebring om vir haar en haar man te speel. Op hulle uitnodiging het van die inwoners ook by hulle op die stoep aangesluit om die musiek saam te geniet. Met verloop van tyd het het die toeskouers aangegroei en lekker voetjie geklop en lyf geswaai.

Baie dankie Piet en Liesl vir hierdie baie spesiale besoek. Julle het tannie Fransie se dag gemaak.

Baie geluk aan  Maart 2026 se Personeel van die Maand.Huishoudelik : Samantha Farmer en Fredeline JantjiesVerpleging : M...
01/04/2026

Baie geluk aan Maart 2026 se Personeel van die Maand.

Huishoudelik : Samantha Farmer en Fredeline Jantjies

Verpleging : Maria Zutphen, Anneline Engelbrecht, Elizabeth Cloete, Janine Skippers en Denese Steenkamp

Baie dankie aan al die personeel vir julle harde werk die afgelope maand. Dit word raakgesien en waardeer.

Wat 'n heerlike verrassing al die pad van Wellington af. Baie dankie vir die heerlike druiwe en pruime. Die inwoners het...
01/04/2026

Wat 'n heerlike verrassing al die pad van Wellington af. Baie dankie vir die heerlike druiwe en pruime. Die inwoners het dit baie geniet

ONS NEEM AFSKEID….Huis Matzikama moes gedurende die boekjaar afskeid neem van 10 inwoners binne asook twee woonstelbewon...
27/03/2026

ONS NEEM AFSKEID….
Huis Matzikama moes gedurende die boekjaar afskeid neem van 10 inwoners binne asook twee woonstelbewoners. Dit was op een inwoner na almal inwoners met wie die personeel ‘n lang pad van versorging gestap het. Met verloop van tyd word ‘n hegte band gevorm tussen inwoner en versorger. Die finale afskeid, die ontruiming van die inwoners se bed, is vir ons as personeel baie emosioneel. Lank na ontruiming word daar steeds met deernis verwys na hierdie inwoners. Dit bevestig dat ons inwoners nie net vir ons ‘n nommer is nie. Elke een het sy of haar spesiale plekkie in ons harte.
Ons harte gaan uit na alle familie wie die afgelope jaar finaal afskeid moes neem.

Nouveau Kollege se graad eentjies het vanoggend die inwoners verras met paaseiers en pragtige sang.Baie dankie aan elke ...
25/03/2026

Nouveau Kollege se graad eentjies het vanoggend die inwoners verras met paaseiers en pragtige sang.

Baie dankie aan elke leerder, julle het pragtig gelyk en so mooi gesing.

10/03/2026

Straatfees 2026 was 'n groot sukses.

Baie dankie aan elke vrywilliger, donateur en bywoner by ons byeenkoms. Ons waardeer almal se ondersteuning.

Die uitslae van ons lootjietrekking was as volg:

Eerste prys - Naweek vir twee by Letsatsi Lodge, ontbyt ingesluit
Comien Smit
Tweede prys - slagskaap
Maritha Barnard
Derde prys - Ete vir twee by Namaqua Lodge
Raymond Harris

Baie geluk aan ons wenners. Baie dankie aan almal wie hierdie poging ondersteun het.

ONTHOU!!!! ONTHOU!!!! ONTHOU!!!Straatfees 2026 Saterdag 7 Maart. Begin amptelik om 09:00, maar kom vroeg om lang rye en ...
05/03/2026

ONTHOU!!!! ONTHOU!!!! ONTHOU!!!

Straatfees 2026 Saterdag 7 Maart. Begin amptelik om 09:00, maar kom vroeg om lang rye en teleurstelling te vermy.

Sien u daar

Huis Matzikama groet vandag vir Eleen Swarts na haar diens van 9 jaar as saalhulp.Eleen, baie dankie vir al die werk wat...
31/12/2025

Huis Matzikama groet vandag vir Eleen Swarts na haar diens van 9 jaar as saalhulp.

Eleen, baie dankie vir al die werk wat jy hier ingesit het, die verhoudings met al die inwoners en jou kollegas en jou baie whitty sin van humor.

Geniet die aftrede, en alles wat jy beplan.

Address

25 Paddock Street
Vanrhynsdorp
8170

Opening Hours

Monday 07:30 - 16:30
Tuesday 07:30 - 16:30
Wednesday 07:30 - 16:30
Thursday 07:30 - 16:30
Friday 07:30 - 16:30

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Huis Matzikama posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Practice

Send a message to Huis Matzikama:

Share