Huis Matzikama

Huis Matzikama Frail care for 60 years and above

Huis Matzikama se inwoners is bevoorreg om baie lekker geskenke vanaf gemeenskapslede te ontvang.Hermie en René Vollgraa...
29/12/2025

Huis Matzikama se inwoners is bevoorreg om baie lekker geskenke vanaf gemeenskapslede te ontvang.

Hermie en René Vollgraaff het op Kersdag die inwoners en personeel verras met lieflike blomme. Die blomme het almal se dag opgevrolik en bygedra tot die spesiale atmosfeer in die tehuis. Ons voorportaal pronk ook behoorlik met die ptagtige informele rangskikkings.

Die Viljoens van Driefontein, Trawal het in hulle besige oes-skedule tyd ingeruim om die tehuis Maandag te verras met 'n oorvloedige druiwe skenking. Die inwoners gaan dit baie geniet.

Baie dankie aan elke donateur wie deur die loop van 2025 op een af ander wyse bygedra het tot Huis Matzikama . Ons waardeer elkeen van julle.

Die bedlêende inwoners is ook deur die personeel bederf en moes  glimlag vir foto's.Baie dankie aan elke besoeker wie Ke...
25/12/2025

Die bedlêende inwoners is ook deur die personeel bederf en moes glimlag vir foto's.

Baie dankie aan elke besoeker wie Kersdag besoek afgelê het.

Die personeel het Kersdag saam met die inwoners geniet.Baie dankie aan die personeel wie hierdie dag vir almal baie spes...
25/12/2025

Die personeel het Kersdag saam met die inwoners geniet.

Baie dankie aan die personeel wie hierdie dag vir almal baie spesiaal gemaak het.

Die Huishoudelike span van Huis Matzikama doen baie moeite om Kersdag vir die inwoners wie nie na familie toe gaan nie ,...
24/12/2025

Die Huishoudelike span van Huis Matzikama doen baie moeite om Kersdag vir die inwoners wie nie na familie toe gaan nie , baie spesiaal te maak . 'n Groot dankie aan die span vir die ekstra tree wat weereens vir die inwoners gestap word.

Die inwoners sal Kersdag ekstra baie bederf word.

Ons wens vir almal 'n baie geseënde Kersdag toe.

Op 17 Oktober het ons ons kombersprojek geloods. Tannie Marieta Schreuder, een van ons woonstelbewoners, het 'n pragtige...
12/12/2025

Op 17 Oktober het ons ons kombersprojek geloods. Tannie Marieta Schreuder, een van ons woonstelbewoners, het 'n pragtige kombers gebrei en vir fondsinsameling ten bate van Huis Matzikama geskenk. Die hele personeel het op die komberswa geklim en met R20 donasies begin smous. Elke personeellid het ten minste een lys van R200 volledig ingehandig. Ons verpleegdienste bestuurder, suster Marilene Kilian, het egter loshande die meeste donasies losgepraat.

Baie dankie aan elke persoon wie hierdie projek ondersteun het. Die finale bedrag het almal se verwagtinge oortref.

Baie geluk Sarie Stenekamp van Calitzdorp met jou kombers. Soos sy dit stel...ek sal elke steek troetel.

'n Groot dankie aan die lidmate van die NG Moedergemeente Vredendal. Huis Matazikama se inwoners waardeer die koekies wa...
11/12/2025

'n Groot dankie aan die lidmate van die NG Moedergemeente Vredendal. Huis Matazikama se inwoners waardeer die koekies wat aan elke inwoner geskenk is.

Baie dankie ds Anton vir die aflewering en ondersteuning.

Ons was bevoorreg om na 'n baie besige en uitdagende jaar ons Personeelafsluitingsfunksie vir 2025 te hou. Saam met dit ...
05/12/2025

Ons was bevoorreg om na 'n baie besige en uitdagende jaar ons Personeelafsluitingsfunksie vir 2025 te hou. Saam met dit het ons ook sterkte toegewens vir Stafverpleegster Lenay Lombard. Die Lombard-egpaar se seuntjie word, indien alles volgens beplanning verloop, vroeg Januarie 2026 gebore.

Baie dankie aan Rentie en al haar medekollegas vir die voorbereiding van die ooievaars en al die reëlings rondom dit. Na die uitdeel van die geskenke was almal slaggereed om weg te lê aan 'n lekker buffetete soos deur die Bestuurspan voorberei.

Baie dankie aan al die personeel vir die jaar wat amper verby is. Huis Matzikama kan nie funksioneer sonder julle nie.

'n Groot dankie aan die personeel van Môrester Akademie vir die beskikbaarstelling van die terrein en die voorbereiding van die tafels. Ons waardeer julle betrokkenheid baie.

'n Groot dankie aan die dames van Stompieskraal, Vanrhynsdorp vir die groot bederf vir die inwoners. Die eetgoed was oor...
04/12/2025

'n Groot dankie aan die dames van Stompieskraal, Vanrhynsdorp vir die groot bederf vir die inwoners. Die eetgoed was oorvloedig en baie lekker. Baie dankie vir die tyd wat julle inruim vir Huis Matzikama.

Baie dankie Lizette Janse van Rensburg vir pragtige sang waarmee jy ons bederf het. Ons waardeer dat jy en Jaco Vanrhynsdorp se hitte trotseer het om die program te kom aanbied. Ons waardeer dit baie.

Baie geluk aan November 2025 se Personeel van die Maand:Huishoudelik : Dirk SteenkampVerpleging : Rentie WilliamsBaie da...
02/12/2025

Baie geluk aan November 2025 se Personeel van die Maand:

Huishoudelik : Dirk Steenkamp
Verpleging : Rentie Williams

Baie dankie aan elke personeellid vir al julle harde werk die afgelope maand. Baie dankie dat julle as personeel ingekoop het by al ons fondsinsamelingspogings gedurende November en gehelp het om daarvan 'n reuse sukses te maak.

Address

25 Paddock Street
Vanrhynsdorp
8170

Opening Hours

Monday 07:30 - 16:30
Tuesday 07:30 - 16:30
Wednesday 07:30 - 16:30
Thursday 07:30 - 16:30
Friday 07:30 - 16:30

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Huis Matzikama posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Practice

Send a message to Huis Matzikama:

Share

Share on Facebook Share on Twitter Share on LinkedIn
Share on Pinterest Share on Reddit Share via Email
Share on WhatsApp Share on Instagram Share on Telegram