Lifestyle Club

Lifestyle Club Helping women grow stronger in body, soul & spirit through simple wellness habits, faith-filled motivation and sustainable healthy living.

Pilates • Weight-loss guidance • Mindset & lifestyle coaching. My online personal training services aims to provide personalized fitness plans and coaching to individuals seeking to improve their health and fitness from the comfort and convenience of their homes. I am offering both personalized healthy eating plans and exercise programs tailored to individual fitness goals is an excellent way to provide comprehensive support to my clients. I am helping clients to look for a holistic approach to their health and fitness journey. I support my clients with daily accountability on their own health.

Hoekom 30 minute Pilates jou week kan verander:• Bou ’n sterk kern en verbeter jou postuur• Gee mooi, ferm definisie aan...
18/02/2026

Hoekom 30 minute Pilates jou week kan verander:

• Bou ’n sterk kern en verbeter jou postuur
• Gee mooi, ferm definisie aan arms en abs
• Verminder rugpyn en styfheid
• Help met vetverbranding en metabolisme
• Lae impak – sag op gewrigte maar steeds effektief
• Laat jou kalm, gefokus en energiek voel

Net 30 minute. Geen verskonings. Groot resultate. 💪🔥

👉 Besluit vandag om op te daag vir jouself. Jou liggaam sal jou bedank

Dit is só waar – hoeveel keer het jy al probeer om iets in jou eie krag te doen? Ons probeer, stoei, druk en beplan… maa...
18/02/2026

Dit is só waar – hoeveel keer het jy al probeer om iets in jou eie krag te doen? Ons probeer, stoei, druk en beplan… maar dit voel swaar. Alleen kan ons nie.

Maar wanneer jy God se hand vat, verander alles. Skielik lyk dieselfde situasie anders. Nie omdat jy sterker geword het nie – maar omdat jy nie meer alleen staan nie.

D**k vir ’n oomblik aan Dawid. Hoe belaglik sou daardie klein klippie gewees het sonder geloof? Lagwekkend. Onmoontlik. Kansloos.

Maar omdat hy in die Naam van die Here God voor Goliat gaan staan het – nie in sy eie krag nie, maar in God se krag – het daardie slingervel in geloof ’n wapen van oorwinning geword. Wat klein gelyk het, het magtig geword. Wat swak gelyk het, het oorwin.

Vandag wil ek jou aanmoedig:
Tel jou klippies op.
Nie in selfvertroue nie – in geloof.
Staan met albei jou voete geanker in die Naam van die Here.

Wat jy in jou hand het mag klein lyk, maar in God se hand word dit genoeg. 🌿

16/02/2026

🌸💪 VROUE – KOM ONS BOU STERKER BENE! 💪🌸

Beendigtheid is hoe sterk en stewig jou bene is. Soos die jare aanstap, kan bene brosser raak – veral ná swangerskappe en met hormonale veranderinge. Maar jy kan vandag iets daaraan doen.

⚠️ Swak beendigtheid kan veroorsaak:
🔸 makliker frakture
🔸 heup- en rugpyn
🔸 swak balans en meer val
🔸 stadiger herstel
🔸 minder vryheid om aktief te bly

✨ Die goeie nuus? Oefening help! ✨

🏋️‍♀️ Gewig-draende bewegings
🤸‍♀️ Kragoefening
🚶‍♀️ Balanswerk

Dit alles stimuleer beenbou, versterk jou lyf en gee jou selfvertroue vir die toekoms.

🌷 Jy is nie net besig om te oefen nie – jy belê in jou onafhanklikheid vir later. 🌷

👉 Kom sluit by ons vrouegroep aan!
Saam is dit lekkerder, veiliger en baie meer motiverend.

📩 Stuur my vandag ’n boodskap vir besonderhede.🤩🥳

16/02/2026

Jou gesondheid is ’n belegging, nie ’n uitgawe nie.
Maak nou tyd vir welstand, sodat jy nie later tyd hoef te maak vir siekte nie.

Elke klein keuse wat jy vandag maak – om te beweeg, reg te eet, water te drink, te rus – bou aan ’n sterker, gesonder môre.

11/02/2026

Gesondheid is die daaglikse herhaling van keuses wat jou fisies, geestelik en emosioneel sterker maak.
Elke klein besluit bou aan die mens wat jy besig is om te word.

God het jou nie geskape om net te oorleef nie – Hy het jou geroep om in volheid te leef, met krag, vreugde en doel.

Maer wees is maklik.
Sterk wees vat guts.

👉 Kies vandag weer.
👉 Staan op.
👉 Bid daaroor.
👉 Beweeg jou liggaam.
👉 Voed jou gedagtes met waarheid.

Jy is gemaak vir méér.

Shout out to my newest followers! Excited to have you onboard!Lien Van der Merwe, Chanel Naude
11/02/2026

Shout out to my newest followers! Excited to have you onboard!

Lien Van der Merwe, Chanel Naude

God is in beheer. Hy is nooit laat nie, en niks gebeur toevallig nie.Ek het die voorreg gehad om die naweek ’n marathon ...
10/02/2026

God is in beheer. Hy is nooit laat nie, en niks gebeur toevallig nie.

Ek het die voorreg gehad om die naweek ’n marathon te hardloop. As ek eerlik is, het ek nie so gereed gevoel soos ek wou wees nie – die lewe het in die week voor die tyd gebeur. Maar ek het besluit: ek gaan opdaag. Ek gaan vasbyt.

By kilometer 13 hardloop ek twee mans raak. Ek luister na hul gesprek en besef vinnig – hulle weet wat hulle doen. Sonder beplanning word hulle my coaches op die roete. Hulle help my met my tempo, vra wat my doelwit tyd is, en besluit eenvoudig: ons missie is om jou daar te kry.

Ek haal Sondag 10 minute van my tyd af.🥳op die spesifieke Marathon.

Ek stap weg met ’n boodskap diep in my hart:
1. Daag op. Moenie dat verskonings of omstandighede jou definieer nie.
2. Die Here plaas mense op jou pad. Wees wakker. Wees leerbaar.
3. Niks gebeur toevallig nie. Jou storie kan vandag iemand anders se antwoord wees.
4. “Be kind.” Vreugde en dankbaarheid begin in jou hart. Vra jouself: straal ek dit uit, of het ek dalk bietjie knorrig geraak? 😬

Nie alles op daardie roete was maklik nie. Ek was moeg. Dit was warm. Die bulte was rof. Jy gaan nie elke dag op jou lewenspad ’n lente-bloeisel wees nie… maar bly opdaag. God sal die regte mense en die regte geleenthede op presies die regte tyd stuur.

Kom vrou…
Kom raak deel van ’n gemeenskap waar ons saam groei, saam lag, saam bid en mekaar se trane kan afvee.

04/02/2026
💛 Februarie = Maand van Resultate!Fokus op ń eetplan wat werklik werk.Sluit aan by die Leefstyl Plan en sien self die re...
02/02/2026

💛 Februarie = Maand van Resultate!
Fokus op ń eetplan wat werklik werk.
Sluit aan by die Leefstyl Plan en sien self die resultate!

👉 Registreer vandag en begin jou transformasie!

29/01/2026

❤️Februarie = Maand van Liefde🥰
Hierdie maand leer ons weer lief raak vir ons lyf –
nie oor hoe dit lyk nie, maar oor alles wat dit vir ons doen.

🥤 Smoothies wat regtig vir jou werk
🥗 ’n Lekker, praktiese proteïen-eetplan

✨ Eksklusief vir Lifestyle Club-lede
💌 Nooi ’n vriendin wat ook haar lyf weer wil leer liefkry!

Ons lees gisteraand ’n Bybelgedeelte uit Josua 6:4: Sewe priesters, elkeen met ’n ramshoring, moet voor die ark uit loop...
13/01/2026

Ons lees gisteraand ’n Bybelgedeelte uit Josua 6:4: Sewe priesters, elkeen met ’n ramshoring, moet voor die ark uit loop (jy kan gerus verder gaan lees).

My jongste stop my toe skielik en vra:
“Wat is die verskil tussen ’n ark en ’n boot?”

Ek begin verduidelik wat ’n ark is, maar sy raak effens geïrriteerd—want dit was nie haar vraag nie. Ons besluit toe om dit op te soek. In daardie onskuldige vraag, wat ek glo glad nie toevallig was nie, gee God vir my ’n diep boodskap.

’n Boot het iets wat dit stuur: ’n roer, seile of ’n enjin. Geestelik kan ons sê: jy beheer jou boot—deur emosies, doelwitte of wêreldse waarhede—of jy maak God die Kaptein van jou boot.

Maar die boodskap wat ek moes hoor, was oor die ark.

’n Ark word gebou om te beskerm, te bewaar en te oorleef. Dit vra nie beheer nie, maar vertroue—dat God self die waters rondom jou stil sal maak. Dit is om Sy teenwoordigheid binne te gaan en te weet: Hy het jou vas, en Hy het ’n plan.

Soms moet ons uit ons “boot-modus” klim en in God se ark van veiligheid gaan sit.

Ek kan my net indink hoe dit moes voel binne die ark:
om in ’n houtkamertjie te sit, die reuk van hout in te asem, die water rondom jou te hoor, sonstrale te sien wat op die water weerkaats—sonder om enige land in sig te hê. En tog: jy is warm, rustig en veilig, vasgehou in Sy teenwoordigheid.

Wanneer dit vir jou voel of die waters begin opstoot—
klim in die Ark. 🕊️

08/01/2026

Miles feel lighter when we run together.

Address

Wolmaransstad

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Lifestyle Club posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Practice

Send a message to Lifestyle Club:

Share

Share on Facebook Share on Twitter Share on LinkedIn
Share on Pinterest Share on Reddit Share via Email
Share on WhatsApp Share on Instagram Share on Telegram