13/12/2025
Our Heartfelt Condolences
The F**T.SCHOOL community shares in the deep sadness following the passing of Daniël Swart. Our hearts are with his parents, his sister, friends, and everyone who loved him.
We pray that God’s peace will surround you, that His comfort will carry you through each day, and that His love will be felt in every moment of grief. May you never walk this road alone.
🤍
ONS INNIGE MEEGEVOEL
Dit is met groot skok en leedwese dat ons u moet inlig dat een van ons graad 9-leerders, Daniël Swart, vanoggend skielik oorlede is. Ons vra u om saam met ons in gebed in te tree vir sy ouers, sy sussie, familie en vriende in hierdie verskriklike moeilike tyd.
Daniël was 'n trotse Drostdyer wat onder andere deel was van die 2024-revue en ook reeds sy oudisie vir die 2026-produksie afgelê het. Sy onderwysers beskryf hom as 'n stil, aangename leerder wat sy kant gebring het.
Op die stadium is die oorsaak van sy dood onbekend en daar sal 'n nadoodse ondersoek gedoen word. Ons vra dat u die familie se privaatheid in hierdie hartseer tyd sal respekteer.
Ons harte is stukkend en ons Donkie-maat se plek is leeg.